Johannesburg. – Die opbrengskoerse op die geldmark weerspieël tans ’n té groot waarskynlikheid van nog ’n verlaging in rentekoerse.
Andrew Lapping, bestuurder van die Allan Gray Geldmarktrust, sê ’n verdere verlaging in rentekoerse is onwaarskynlik al glo die markte klaarblyklik die teenoorgestelde.